Is U Probleem Met Die SAID ‘n Sistemiese Probleem? Indien Wel, Praat Met Die Belastingombudsman

Sukkel u om u sake met die SAID effektief af te handel? Indien wel, is u nie alleen nie, en die goeie nuus is dat die Belastingombudsman dalk kan help.

Hierdie artikel sal begin met watter tipe kwessies die Ombudsman belastingbetalers kan help, en oor watter hekkies u normaalweg eers moet spring voor u daardie roete kan volg.

Daar is egter ook omstandighede waarin u toegang tot die Ombudsman versnel kan word, die belangrikste hiervan het betrekking tot “sistemiese probleme”. Wat is hierdie probleme? En wat kan die ombudsman oor dit doen?

Lees verder vir die antwoorde …

Baie belastingbetalers ervaar frustrasies in hul onderhandelinge met die SAID. Die Belastingombudsman is daar om belastingbetalers te help as hulle een van die volgende ervaar het:

  • Prosesprobleme
  • Probleme met diensverskaffing
  • Administratiewe probleme waar die belastingbetaler reeds alle beskikbare appèl prosedures van die SAID probeer het.

Die Ombudsman kan egter ‘n belastingbetaler se klag opneem voor alle SAID-prosesse gevolg word indien daar wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig is. Die belangrikste hiervan is sistemiese probleme.

Wat is sistemiese probleme?

Die Ombudsman definieer hierdie probleme as probleme wat deur die SAID se prosesse of beleide veroorsaak word, en wat belastingbetalers nadelig sal beïnvloed. Die kantoor van die Ombud kan sistemiese kwessies ondersoek en oplossings aanbeveel vir die Minister van Finansies.

Die Ombud het tot dusvêr twintig sistemiese kwessies geïdentifiseer. Van die belangrikstes sluit in:

  1. Die plaas van onreëlmatige “spesiale stop” op belastingbetalers – dit is veronderstel om op hoë risiko bedrogrekeninge geplaas te word en enige betalings aan belastingbetalers te vries totdat hulle opgehef word.
  2. Die SAID hou nie by ooreengekome tydlyne nie.
  3. Gevraagde dokumentasie word deur die SAID ontvang en nie by die belastingbetaler se rekening geliasseer nie.
  4. Die SAID maak onwettige invorderings van belastingbetalers.
  5. Gereelde opvolging deur belastingbetalers waar die SAID versuim het om die korrekte prosedure aan hulle te verduidelik en / of belastingbetalers in te lig hoe om sake te eskaleer.
  6. ‘n Assessering word hersien sonder dat die SAID ‘n brief met bevindings aan die belastingbetaler gestuur het.
  7. ‘n Verkeerde bankrekening word deur die SAID gebruik wanneer terugbetalings gemaak word en die betaling word aan die verkeerde belastingbetaler toegeken.

Indien u dink dat u klagte in die kategorie van “sistemiese probleme” val (raadpleeg u rekenmeester indien u twyfel), dan kan u die Belastingombudsman nader sonder om deur al die SAID se hoepels te spring. Daar is geen twyfel dat die geloofwaardigheid van die Belastingombudsman besig is om toe te nee nie, en alhoewel die Ombud kan besluit om u nie te help nie, is dit definitief die moeite werd om te probeer.