Sonkrag word dikwels aangedui as ‘n beduidende faktor om omgewingskade (weens ons eie toedoen) te verminder.
Ongelukkig lyk dit of beurtkrag, wat beide ons professionele en persoonlikhede versuur, hier is om te bly. Suid-Afrikaners oorweeg dus opsies om die impak van beurtkrag te verminder.
Die goeie nuus is dat daar belastingvoordele vir besighede is – op kostes aangegaan om sonkrag aan te lê.
“If only there was some kind of an infinite power source
that was free to use all day every day…” (Anon)
In ‘n onlangse beslissing het SARS bevestig dat die koste, om sonkrag aan te lê, aanvaar sal word. Die kapitaalkostes wat afgetrek mag word is:
- “Photovoltaic” sonpanele
- Lugverkoeling “inverters”
- “DC” samestellingseenhede
- Rakke
- Kabels en bedrading
Addisioneel, is daar verwante installasiekostes wat ook aanvaar word:
- Installasie en beplanningskostes
- Afleweringskostes van panele
- Installeringsonkostes
- Onkostes van veiligheidsbeampte tydens installering
Volgens die reël, sal die totale onkoste aanvaar word indien die sonpaneel minder as een megawatt krag verskaf. Indien die toerusting 1 megawatt of meer engergie verskaf, sal 50% in die eerste jaar afgetrek kan word, 30% in jaar twee en 20% in jaar drie. Neem kennis dat, indien die maatskappy ‘n Klein Sake Onderneming (KSK) is, moet die kapitaaltoelaag onder die KSK belastingvoordeel (bv. 50/30/20) geeïs word.
Onthou dat die gewone reëls geld om te kyk of jy vir die voordeel kwalifiseer – die sonpaneelaanleg moet deur die belastingbetaler besit word, dit moet gebruik word deur die belastingbetaler en die belastingbetaler moet dit eerstehands gebruik.
Dit is ten minste goeie nuus vir mense wat moeg is vir beurtkrag!