Belastingaansporing vir Jeugindiensneming verleng met 10 jaar

Hier is goeie nuus:  ‘n wen-wen senario vir besigheide (klein en groot), jong werksoekers en vir Suid-Afrika in die algemeen.

Almal sal bly wees om te verneem dat die regering se inisiatief om indiensneming onder die jeug te verhoog, die Belastingaansporing vir Jeugindiensneming, of “(Youth) Employment Tax Incentive” kortweg “ETI” in Engels, is vir nog 10 jaar verleng.

Kom ons kyk na wat die Belastingaansporing vir Jeugindiensneming behels, wat die terme is en hoe dit jou as werkgewer tot voordeel kan wees m.b.t. belasting – soos wat dit gerieflik opgesom is in die “ETI Calaculation Table” van SARS onderaan.

Werkloosheid is kronies in ons land en dit raak ons jeug die ergste, nagenoeg 50% van jeugdiges kan nie ‘n werk bekom nie.  Die “ETI” is ontwikkel om besigheide aan te spoor om die “jeug” (vanaf 18-29 jaar oud) in diens te neem vir 1-2 jaar.

Aansporing vir werkgewers om gebruik te maak van die “ETI” is aanloklik.  Jy kan aftrekkings, soos aangedui in die 3de kolom hieronder, van jou maandelikse  Lopende Betaal Stelsel (LBS) (of “PAYE” in Engels) maak.  Addisioneel is hierdie bedrae wat afgetrek mag word, vrygestel van enige inkomste belasting (d.w.s. jy geniet die voordeel dubbeld).

Die maandelikse bedrag ETI per kwalifiserende werknemer is soos volg uitgewerk:

bron: SARS

Daar is bepalinge en voorwaardes wat geld:  die werkgewer moet goeie status by SARS geniet en werknemers (behalwe vir die feit dat hul tussen die ouderdomme 18-29 moet wees) moet ‘n geldige ID-dokument  hê, of ‘n wettige vlugteling wees.

Hierdie is ‘n baie goeie aansporing en help om ‘n verskil aan 1 van Suid-Afrika se probleme te maak.  ‘n Ander voordeel is dat werkgewers oor ‘n periode van 2 jaar kan uitpluis watter werknemers ‘n goeie pas in hul besigheid sal wees.

Praat met jou rekenmeester om seker te maak jy kan hiervoor eis.