As direkteur van ‘n besigheid, moet jy aan die Maatskappywet se hoë standaarde van gedrag voldoen, ‘n taak wat nie ligtelik opgeneem moet word nie.
Companies and Intellectual Property Commission (CIPC), wat gewoonlik gesien word as ‘n entiteit wat slegs administratief handel en rekord hou van besluite wat deur besighede neem word, wys nou sy tande en dat hy nie sal skroom om dit te gebruik nie.
Ons kyk nou na CIPC wat ‘n nakomingskennisgewing (“Compliance Notice”) aan die Openbare Beleggings Korporasie gegee het, met die instruksie om R4.3 biljoen se beleggings in AYO Technology Solutions te verhaal. Wat is ‘n nakomingskennisgewing en wat is die implikasie vir jou as direkteur?
Wat gaan aan en wat is ‘n nakomingskennisgewing?
CIPC se invloed is verreikend, wat insluit dat dit by magte is om dagvaardigings uit te reik; en indien dit sou reken dat op “redelike gronde” die Maatskappywet oortree is, óf dat iemand voordeel uit so ‘n oortreding getrek het, dan mag dit ‘n nakomingskennisgewing uitreik, wat die betrokke persoon/persone instruksie gee om die aksie wat deur die betrokke besigheid geneem is:
- te stop
- terug te keer
- terugg te ewerk sodat die waarde van die besigheid dieselfde is as voor die aksie geneem is.
Sou die aksies wat deur nakomingskennisgewing nie geneem word nie, mag CIPC by die howe aansoek doen vir ‘n administratiewe straffooi, of mag die saak by die vervolgingsgesag aangemeld word.
‘n Persoon wat ‘n nakomingskennisgewing ontvang het, mag appél by die howe aanteken om dit sodoende tersyde gestel te kry.
Ingevolge die PIC saak, hou CIPC vol dat die R4.3 biljoen belegging gedoen is op ‘n opgeblaaste evaluasie van AYO (die markprys is sedert die belegging 50% minder). Tydens die PIC verhoor word dit beweer dat die noulettendheidsondersoek (“due diligence”) baie skraal was toe die belegging gedoen is. Daarvolgens, word die direkteure van die besigheid daarvan aangekla dat hul die besigheid leed aangedoen het (‘n oortreding volgens die Maatskappywet).
Die Hooggeregshof het die nakomingskennisgewing ter syde gestel, maar dit is treffend dat die PIC ook ‘n regsproses in werking gestel het om die R4.3 biljoen belegging in AYO te verhaal.
Nagevolge vir direkteurs
CIPC het met hierdie aksie ‘n president geskep, direkteure moet kennis neem dat hul potensieël ‘n nakomingskennisgewing in die gesig kan staar indien hul nie fidusiêre verantwoordelikhede as direkteure ernstig opneem nie. Ons slaan ag daarop dat CIPC in die afgelope paar jaar getrou skuldige direkteure vervolg het.