DIE 2018 BEGROTING – DIT KON ERGER GEWEES HET!

“What people really want is fairness. They want people paying their fair share of taxes” (Barack Obama)

Tydens die Mediumtermynbegrotingsrede verlede Oktober het die voormalige minister van finansies, Malusi Gigaba, ‘n paar skrikwekkende getalle voorgelê – belastinginkomste het nie gestyg soos voorspel nie, en uitgawes het drasties toegeneem. Die voorspelde uitgawes drempel is oorskry en die boodskap vir die 2018 Begroting was duidelik – “Verwag aansienlike belastingstygings”.

Uiteindelik is daar R36 biljoen se belastingverhogings aangekondig, maar die regering sal ook poog om in die volgende drie jaar spandering met R85 biljoen te verminder. Die kombinasie van belastingverhogings en die regering se uitgawevermindering is ‘n belangrike stap in die herstel van fiskale geloofwaardigheid.

Die hoof storie – BTW verhoog na 15%

Baie rolspelers het gevra vir ‘n toename in BTW, maar was skepties of die regering so ‘n ongewilde en regressiewe (regressiewe in die sin dat dit meer die armes as die rykes gaan beïnvloed) besluit so naby aan ‘n verkiesing sal neem. Tog was ‘n 1% -verhoging vanaf 1 April die hoofnuus van die 2018 Begroting. Dit is die eerste BTW-verhoging in meer as 20 jaar.

Die ander twee vernaamste bydraers tot belastinginkomste – maatskappy en individuele belasting – is reeds op hoë vlakke en verdere verhogings sal waarskynlik teenproduktief wees, en laat die regering weer in ‘n posisie waar hul inkomste-teiken nie gehaal word nie. Laer inkomstegroepe sal ook baat vind by ‘n toename in die inkomstedrempel vir die laagste drie belasbare inkomstegroepe.

In die afgelope paar jaar is die hoër inkomstegroepe oorval met belastingverhogings. BTW word deur alle verbruikers betaal en versprei dus die las van belasting wat deur Suid-Afrikaners gedra moet word. Die bekommernis bly egter dat hierdie regressiewe belasting weerlose huishoudings negatief gaan beïnvloed, ten spyte van die huidige nulgradering van basiese voedselitems en ten spyte van ‘n hoër as inflasie-verhoging van 7% in maatskaplike toelaes. Aan die ander kant ondersteun sommige ekonome dit as ‘n toenemende regverdigheid in ons belastingstelsel, en as die belasting met die kleinste waarskynlikheid om die ekonomie te beskadig

Vir besighede sal die BTW-koersverandering egter meer kostes meebring as gevolg van ekstra administrasie in die verandering van u stelsels en skryfbehoeftes. Begin vroegtydig voorberei!

Die grootskaalse verhogings en hoeveel belasting hulle sal oplewer:

BELANGRIKE VERHOGINGS EN GEPROJEKTEERDE INKOMSTE
Belasbare inkomste Geprojekteerde Inkomste
BTW styg van 14 na 15 % R22.9bn
“Bracket Creep” * R 6.8bn
Aksyns belasting** R2.6bn
Brandstofheffings (52 sent ‘n liter) R1.2bn
Ad Valorem Aksyns Pligte*** R1.0bn
Suikerbelasting R1.0bn
Mediese belasting-krediete R0.7bn
Boedelbelasting op boedels oor R30 miljoen (25% belasting) **** R0.15bn

Persoonlike inkomstebelastingskale word nie vir inflasie aangepas nie, sodat enige verhoging in jou salaris (selfs net ‘n inflasiegekoppelde verhoging) jou in ‘n hoër belastingskaal kan stoot.

** Aksynsbelasting op sigarette styg met 8,5%, terwyl aksynsbelasting op alkoholiese produkte tussen 6% en 10% sal styg.

*** Ad Valorem tariewe op luukse goedere sal toeneem vanaf ‘n reeks van 5% tot 7% tot ‘n reeks van 7% tot 9%.

**** Die belasting word gehef op die belasbare waarde van ‘n boedel teen ‘n koers van 20% op die eerste R30 miljoen en teen ‘n koers van 25% bo R30 miljoen. Skenkingsbelasting het gevolglik met 5% gestyg.

Watter uitgawes sal die regering prioritiseer?

Oor die volgende drie jaar:

  • Basiese onderwys sal R792 biljoen ontvang, terwyl tersiêre opleiding R324 biljoen (R57 biljoen vir gratis onderwys, insluitend R12 biljoen vir hierdie jaar). Dit volg op president Zuma se reaksie op die Fees Must Fall veldtog.
  • Gesondheidsorg kry R667 biljoen.
  • Maatskaplike toelaes – R528 biljoen.
  • Basiese dienste aan lae-inkomste huishoudings – R205 biljoen.
  • R129 biljoen vir openbare vervoer.
  • R126 biljoen vir waterinfrastruktuur en dienste.

Die kern finansiële verhoudings en hoe dit ons affekteer

Ontleders, graderingsagentskappe en beleggers kyk na ekonomiese verhoudings as deel van die proses om te bepaal hoe ‘n land presteer.

  • Saam met verbeterde groeivooruitsigte, sal die voorstelle die gekonsolideerde begrotingstekort verminder van die BBP van 4,3% in 2017/18 na 3,5% in 2020/21. Aangesien beste praktyk naby 3% is, is dit ‘n goeie tendens.
  • Netto skuld van die BBP is voorspel vir meer as 60% teen 2023 soos per MTBS en daar word verwag dat dit nou na 56,2% sal daal, wat ook ‘n positiewe aanwyser is. Oor die algemeen behoort dit minder as 50% wees, maar dit beweeg tenminste nou in die regte rigting.
  • Inflasie sal na verwagting gunstig wees vir die volgende drie jaar en binne die 3% tot 6% merk sal bly.
  • Die BBP styg vanjaar met 1,5%, 1,9% in 2019/20 en met 2,1% in 2020/21. Aangesien ons bevolking met 1,35% groei, beteken dit dat die ware groei per capita na verwagting in die mediumtermyn sal styg.

Al hierdie finansiële verhoudings sal hopelik troos aan beleggers en graderingsagentskappe bied. Daar moet egter eers gesien word hoe haalbaar hierdie doelwitte is, maar ons nuwe president blyk aansienlike steun te geniet.

Ander belangrike veranderinge

  • Die Koolstofbelasting sal vanaf 1 Januarie 2019 in werking tree. Aangesien dit na verwagting baie kompleks gaan wees en aansienlike opsteltyd sal benodig, moet u reeds nou al die nodige voorbereiding doen.
  • Nog ‘n punt van belang is dat staatsdepartemente en parastatale verplig word om verskaffers binne 30 dae te betaal – verontagsaming sal tot gevolg hê dat bestuur vir boetes verantwoordelik sal wees. Dit is goeie nuus vir verskaffers wat sukkel om hul kontantvloei positief te hou.
  • Die Minister het verskeie pensioenhervormings aangemoedig, soos dat pensioen en voorsorgbewaringsfondse toegelaat sal word om oordragte na ‘n uittredingannuïteitsfonds (na die aftreedatum van ‘n werknemer) te maak. Dit is uitgesluit in die pensioenvoorstelle van 2017.

Vir ‘n omvattende gids rakende die 2018-begroting, is daar ‘n uitstekende opsomming deur SAIGR HIER beskikbaar.

Wat van Rommel Status en beleggersvertroue?

Moody’s is die enigste groot graderingsagentskap wat nie Suid-Afrika ten volle tot Rommel Status afgradeer het nie. Die regering se belofte om finansiële dissipline terug te bring in hulle begrotingsprosesse, plus die dapper besluit om BTW in te samel, sal hopelik positief ontvang word deur graderingsagentskappe.

Dit moet ook aantreklik wees vir potensiële beleggers – iets wat noodsaaklik is om die ekonomie en werkgeleenthede te laat groei.

Die Bottom Line

Hierdie begroting is gebou op die toenemende hoop wat die land ervaar het sedert ons nuwe president ingesweer is. Dit konfronteer korrupsie (deur bv. die voorgestelde wysigings aan verkrygingsreëls), spreek belastingadministrasie en dalende belastingmoraliteit aan, en beoog om uitgawes en regulasies te verminder waar moontlik.

Bowenal was die 2018 Begroting pragmaties en deur die BTW koers te verhoog, word die las van belastingverhogings versprei. Nie naastenby soveel slegte nuus soos sommige rolspelers gevrees het nie.