Meer as 80 lande wêreldwyd produseer McDonalds se Big Mac hamburgers volgens soortgelyke resepte. Sommige navorsers sê dat dit hulle (McDonalds) die perfekte universele kommoditeit maak om die Koopkragpariteit (Purchasing Power Parity, PPP) van verskillende geldeenhede met mekaar te vergelyk.
Vandaar The Economist se jaarlikse “Big Mac Index”. Terwyl baie ekonome die regte waarde van “Burgernomics” bevraagteken; en in aggenome dat dit ‘n lighartige poging was om ‘n geldeenhede se waarde aan te dui, het dit oor die jare ‘n sekere graad van traksie en kredietwaardigheid verwerf.
So, kom ons kyk na wat hierdie indeks sê oor die Rand. Met hoeveel is ons Rand regtig onderskat en wat sê dit omtrent ons ekonomie?
“Our results indicate that the Big Mac Index is surprisingly accurate
in tracking exchange rates over the long-term,
which is consistent with previous PPP research findings”
(ScienceDirect)
Vir dekades lank het The Economist die Big Mac-indeks gepubliseer om juis ‘n skatting te gee van hoe oor- of onderskat ‘n land se geldeendheid is. Dit word gedoen deur die prys van ‘n MacDonalds Big Mac burger van ‘n land, met die prys van dieselfde soort burger in die V.S.A. te vergelyk.
Koopkragpariteit (Purchasing Power Parity) (PPP)
Die uitgangspunt van ekonomiese teorieë is dat verskillende geldeenhede mettertyd dieselfde gaan kos as dienste en goedere in ander lande. Dus, indien ‘n mandjie goedere en dienste, $20 in die V.S.A. kos, en dit R100 in RSA kos, dan moet die Rand tot die US dollar R5 vir 1US$ wees.
Die Big Mac-Indeks
‘n Big Mac kos $5.74 in die V.S.A. en in Suid-Afrika kos dit R31 wat in PPP gelei na US$1 = R5.40. Die ware koste – die tydstip to die indeks gemeet was, was die Rand R14,18 teen die dollar, dus is die Rand 61.9% onderskat (14.18-5.5/14.18).
Hoe vergelyk Suid-Afrika met die res van die wêreld?
The Economist neem ongeveer 60 lande in ag wanneer die indeks geformuleer word en Suid-Afrika lys as die derde land met die mees onderskatte geldeenheid (voor Malyasia en Rusland).
Terwyl sommige mense die Big Mac-indeks sal afmaak, beklemtoon dit wel die ekstra uitdagings wat Suid-Afrika mee gekonfronteer sal word in aggeneem die moontlike afgradering na rommelstatus. Daar word verwag dat Moodys hul besluit in Oktober, na die Medium-Termyn Begrotingsrede sal bekend maak. Ons ekonomie staan tans stil en dit is onseker hoe dit weer geaktiveer gaan word. Ons ekonomiese groei is afhanklik van beleggings, en dit is juis krities belangrik vir Suid-Afrika om ‘n aanloklike beleggingsoord te wees.
VIR REKENINGKUNDIGES: Hier is 2 goeie artikels
“The Big Mac Index op The Economist se webtuiste The Economist laat 5 gratis artikels toe per maand, indien jy nie ‘n intekenaar is nie, registreer dan net vir die gratis artikels.
“Why the Rand is starting to wear its underpants outside its trousers” op Business Insider se webtuiste.