Die 2018/2019 belastingjaar bring belangrike veranderinge in hoe u as werknemer vergoed kan word vir werkverwante reisonkostes. Beide werkgewers en werknemers moet verstaan hoe die nuwe reistoelae u in die praktyk sal beïnvloed.
Ons bespreek die drie tipes reistoelae, die nuwe veranderinge, die redes waarom die SAID dit aangebring het, en die administratiewe las en ander oorwegings vir werkgewers.
Dit is natuurlik alles belangrik, maar die kern vraag sal altyd wees: “Wat is die beste vir my?”.
Twee praktiese voorbeelde behoort u te help om ‘n besluit te maak.
Hoekom het die SAID veranderinge gemaak en aan watter tipe reistoelaag?
Reis toelae is al vir baie jare in werking. Aanvanklik het hulle aansienlike voordele aan mense wat salarisse verdien gebied, aangesien die belasting op byvoordele minder was as die ekonomiese voordeel. Om hierdie gaping te probeer kleiner maak, het die SAID baie veranderinge aan reistoelaes gemaak, wat dit meer gekompliseerd gemaak het.
Daar is drie tipe toelae wat werknemers vir reisonkonstes vergoed:
- Waar die werkgewer ‘n maatskappyvoertuig aan die werknemer verskaf.
- ‘n Reistoelaag word aan sommige personeellede gegee, waar die werknemer sy of haar eie voertuig gebruik.
- ‘n Terugbetaling van besigheidsuitgawes waar die werknemer ‘n tarief per kilometer betaal word.
In praktyk behels die eerste twee metodes ‘n aansienlike hoeveelheid administrasie en beraming. Byvoorbeeld, wanneer ‘n maatskappy ‘n reistoelaag uitbetaal, moet dit die koste van ‘n voertuig en die lopende koste uitwerk. Werknemers kry toelae volgens hul werkstatus en dus bied die werkgewer gewoonlik ‘n ander toelaag aan, byvoorbeeld, ‘n junior bestuurder teenoor ‘n senior bestuurder. Die werkgewer moet ook uitwerk hoeveel besigheidskilometers die werknemer sal aflê en LBS dienooreenkomstig aftrek. Die werknemer moet ‘n logboek byhou en moet die reistoelaagafdeling voltooi wanneer hy of sy ‘n Inkomstebelastingopgawe voltooi.
Die derde metode is tot op hede slegs toegepas indien die werknemer gedurende die belastingjaar 12 000 km of minder besigheidsreise gehad het. Die maatskappy betaal ‘n per kilometer-koers, gewoonlik die SAID-koers, tans R3,61 per kilometer. Indien die SAID-koers betaal was, is die proses eenvoudig en geen LBS was afgetrek nie. Indien die werkgewer egter meer as die SAID-koers betaal het of ‘n werklike toelaag uitbetaal was, is die verskil belas en LBS is afgetrek.
Die probleem met hierdie derde metode was dat dit beperk was tot slegs personeel wat 12 000 km of minder besigheidskilometers afgelê het.
Die veranderinge in 2018/2019 is volgens die derde metode hierbo en is bedoel om sake vir besighede, werknemers en die SAID te vereenvoudig.
Die veranderinge wat aangebring is
Die SAID het die 12 000 km p.j. geskrap en het werkgewers aangemoedig om slegs die SAID-koers per kilometer te betaal (d.w.s. om die eerste twee metodes hierbo van kant te maak). Dit sal dinge vir beide partye aansienlik vereenvoudig, aangesien beide werkgewer en werknemer minder administratiewe werklading sal hê. Dit sal ook die SAID se werk vergemaklik.
Voorbeelde wat dit die beste illustreer –
Voorbeeld 1: SAID-tarief van R3,61 per kilometer wat gebruik word om reiskoste te vergoed.
‘n Werknemer lê 30,000 kilometer af vir sakereise in die 2018/2019 jaar
Hy/sy word uitbetaal: R108,300. (30.000 kilometer X 3.61 kilometer)
LBS: Nul.
Let wel: die werknemer moet ‘n logboek byhou om die 30,000 besigheids kilometers te regverdig.
Voorbeeld 2: Die werknemer doen 30,000 kilometer sakereise en word R5 per kilometer betaal plus ‘n toelaag van R10,000.
LBS word afgetrek op die verskil tussen R5.00 en die SAID-koers van R3.61 of
30,000 X R1.39 = R41,700
Plus R10,000
Totaal R51 700 word by die werknemer se belasbare inkomste bygevoeg en LBS word afgetrek volgens die belastingtabelle.
Let wel: As deel van die LBS-proses word ‘n heffing op Vaardigheidsontwikkeling (SDL) en Werkloosheidsversekering (WVF) ook afgetrek.
Die werknemer sal die reistoelaagafdeling op sy of haar Inkomstebelastingopgawe moet voltooi en sal óf ‘n terugbetaling ontvang of bykomende belasting moet betaal.
In die geval dat die werknemer ‘n terugbetaling van sommige of al die betaalde LBS ontvang, sal die werkgewer nie die addisionele SDL en WVF wat betaal was kan terugkry nie (die werkgewer betaal die helfte van die WVF-koste en die totale SDL koste).
Die hersiene SAID-toelaag is nou eenvoudiger vir alle partye. Daar word egter voorsien dat werknemers, veral die meer senior werknemers, hierdie metode sal teenstaan aangesien dit hulle huidige reistoelaag tot ‘n einde gaan bring.
Slegs tyd sal kan wys hoe suksesvol die hersiene reistoelaag gaan wees.