Hoe om finansiele swendelary (“scams”) te identifiseer en te vermy

Daar was nog altyd finansiële swendelary, maar die omvang daarvan in die wêreld van vandag is werklik verbasend – beraamde jaarlikse verliese in die VSA alleen beloop op $120 miljard.

Die goeie nuus is dat daar positiewe stappe is wat jy kan neem om jouself te beskerm.  Die eerste en belangrikste hiervan is om die verskillende soorte “scams” te onderskei.

Die eerste vraag wat ons vra, is dus: “Wat is ‘n kortstondige “scam”, en wat onderskei dit van ‘n ‘langdurige scam”?

As dit te goed klink om waar te wees, is dit waarskynlik (wyse ou gesegde).

Swendelary in die VSA veroorsaak jaarliks $40 miljard se verlies.  Neem in ag dat 65% van slagoffers weens hierdie soort bedrog nie hul verliese aanmeld nie (gewoonlik is hulle te skaam om te erken dat hulle gekul is) en dus kan hierdie bedrag to ​soveel as $120 miljard styg.

Swendelaars (of meer bekend as “scammers”) teiken gewoonlik mense wat finansieël kwesbaar is (persone wat hul werk verloor het of wie se besighede gevou het), óf hul maak gebruik van die verswakking in die ekonomie waar ‘n groot hoeveelheid mense finansiële probleme ondervind.

Die kortstondige “scam”

Dit is tipies moeilik om die skema wat die swendelaar aan jou verkoop ten volle te begryp, aangesien die werking van die skema moeilik is om te verstaan.

Maar die swendelaar sal jou vertel dat die eintlike probleem is dat jy astronomiese opbrengste sal kry, en hulle sal vir jou byvoorbeeld foto’s van seiljagte in die Middellandse See wys – wat jou ‘n boodskap gee: “Dit is die lewe wat jy sal lei sodra jy jou fortuin gemaak het.”

Aangesien swendelaars finansiële kwesbare mense teiken, dink die swendelaar  samesweringsteorieë uit. Hul sal bv. sê “Die rede waarom jy neerslagtig gevoel het, is omdat die stelsel jou onderdruk het; hierdie skema omsingel al die “nonsens” finansiële regulasies!”

Swendelaars is ook geharde verkoopsmense en hulle sal jou onder druk plaas om hierdie ‘belegging’ te maak.

Die langdurige “scam”

Jy moet baie versigtig wees hiervoor, aangesien jy jou teëstaan ​​met gesofistikeerde operateurs. Die belangrikste reël is om gerusstelling van mense in jou vriendekring te kry wat saamstem dat die skema geloofwaardig is en hoë opbrengste sal behaal (hierdie mense kan bewustelik of onbewustelik deel daarvan).

Boonop kan die swendelaars jou na bekende finansiële kundiges verwys wat die skema ondersteun ​​(hulle is gewoontlik deel van die skema).

Dit is gewoonlik ‘n Ponzi-skema wat suksesvol sal werk totdat daar geen nuwe fondse in die skema oor is nie. Dit ontrafel dan baie vinnig, en die grootste deel van die beleggers verloor hul beleggings.

‘n Ander soort swendelary is “pump-en-dump” , waar verkopers ‘n klein bekende aandeel gebruik, en dit verhoog die prys.

Hierdie verkopers maak vals voorleggings vir niksvermoedende slagoffers wat verlore raak tydens die opwaartse momentum van die aandeel. Sodra die aandeel sy waarde oorskry het, verkoop die swendelaar dit en die aandeelprys stort in een.

Wie is kwesbaar vir hierdie swendelaars?

Vreemd genoeg is dit mense (gewoonlik mans) wat gereeld finansiële spanning ervaar en graag risiko’s neem. Hierdie swendelaars is goed opgelei en finansieel geletterd.

Behalwe vir finansiële spanning, is hierdie die kombinasie van faktore wat bydra dat persone liggelowig raak:

  • Word onder druk geplaas deur die swendelaar (hulle moet inklim “voordat dit te laat is”).
  • Die skema kan kompleks of ondeursigtig wees en vertrou dus op hul intuïsie.
  • Die meeste van hierdie mense is ordentlik en betroubaar, so hulle is geneig om die swendelaar te glo en hulle wil nie die swendelaar in die steek laat nie (die swendelaars is ongetwyfeld bewus van hierdie kwesbaarheid).
  • Emosionele gierigheid is ‘n baie kragtige emosie en kan lei tot impulsiewe besluite waaroor jy later spyt sal wees.

Sir Isaac Newton was ‘n bekende intelligente persoon, maar hy het al sy geld verloor in die South Sea Bubble-bedrogspul in die 1720’s.

Dus voordat jy vasgevang raak in ‘n bedrogspul, staan terug en dink rasioneel. Jy moet jouself ook analiseer, en as jy een van die bogenoemde eienskappe het, moet jy baie versigtig wees met beleggings wat te goed is om waar te wees.