Die nuwe minimumloon, wat oorspronklik in werking sou tree op 1 Mei, maar nou vertraag is weens die hoë aantal voorleggings wat van die publiek ontvang word, sal ons almal aansienlik beïnvloed.
Met die veronderstelling dat die bepalings van die Nasionale Minimumloonwetgewing in sy huidige formaat geïmplementeer word, sal net onder die helfte van die arbeidsmag se lone verhoog word. Dit sal ongeveer R70 biljoen per jaar tot die ekonomie byvoeg.
Hoe word u beïnvloed?
Dit sal verpligtend wees vir alle werkgewers om werknemers R20 per uur of R3,500 vir ‘n normale werksmaand te betaal (vir 40 werksure per week – teen 45 uur per week beloop die vergoeding R3,900).
Besighede wat nie kan bekostig om die minimum loon te betaal nie, kan aansoek doen vir vrystelling, maar dit kan nie vir ‘n periode van langer as twaalf maande wees nie. Daar is ruimte in die wetgewing om “regulasies te skep” oor hoe die proses rondom vrystelling sal werk. Die regering wag moontlik om te sien hoe die proses ontvou en sal dan spesifieke vrystellings instel.
Hoekom is daar ‘n minimum loon?
Suid-Afrika het twee groot strukturele probleme – werkloosheid en ongelykheid van inkomste. Die doel van die minimum loon is om ‘n balans te vind tussen die twee waar ongelykheid sal afneem, maar werkloosheid sal waarskynlik onaangeraak word.
Daar is egter geen konkrete bewys of ‘n minimum loon wel sosiale geregtigheid sal verbeter en die ekonomie in ‘n ontwikkelende ekonomie sal laat groei nie. Suid-Amerikaanse lande het die afgelope dekade minimum lone met gemengde resultate ingestel. Brasilië het byvoorbeeld aanvanklik ‘n ekonomie opswaai beleef, maar binne ‘n paar jaar het dit in ‘n diep resessie verval.
One size fits all
In Suid-Afrika is daar een minimum loon en die moontlikheid bestaan dat sommige sektore anders sal reageer. Klerewerkers verdien byvoorbeeld die helfte van die nuwe minimumloon en het die afgelope twintig jaar reeds aansienlike werkverliese ervaar. Alhoewel toegewings gemaak is vir plaaswerkers en huishoudelike werkers (hulle sal onderskeidelik 90% en 75% van die R20 per uur verdien), kon ‘n meer subtiele benadering moontlik die potensiële werkverliese verminder het. Sommige ekonome voorspel dat werkloosheid van 9,2 miljoen sal styg tot meer as 10 miljoen.
Oor die algemeen is dit moontlik dat die minimumloon die ekonomie op makrovlak sal kan help. Diegene wat ten gunste van ‘n minimum loon is verwys na die maatskaplike toelaes stelsel wat ‘n basiese inkomste aan meer as 11 miljoen mense gee. Dit was een van die aspekte wat bygedra het tot die oplewing van 2003 tot 2008. Kritici meen egter dit ‘n ander finansieringsmodel is. Maatskaplike toelaes word deur die regering befonds, terwyl die minimum loon deur werkgewers betaal word.
Dit lyk asof die nuwe miniumloon binnekort ‘n realiteit gaan wees, almal moet dus gereed wees en hoop dat dit ‘n positiewe impak op die ekonomie sal hê. Daar sal aansienlike voordele vir die land inhou indien dit gepaard gaan met ‘n toename in produktiwiteit.