‘n Blaaskans vir belastingbetalers op rente ontvang vanaf SARS

‘n Verandering op die Inkomste Belastingswet, effektief 1 Maart 2018 het dit vir belastingbetalers baie makliker gemaak om die rente wat SARS hul skuld, te bereken.

Tot en met laas jaar moes jy self hierdie rente bereken – in ander woorde – om dit as inkomste aan te dui, of jy dit nou ontvang het of nie.  Wat dít moeilik maak is dat SARS ‘n paar jaar kan neem om ‘n terugbetaling te maak, wat vererger word deur die feit dat SARS gereeld die rentekoers wat aan jou verskuldig is, verander.

Die nuwe prosedure is nou dat jy slegs die rente hoef aan te dui in die jaar wat jy dit werklik ontvang het – ‘n bonus vir jou kontantvloei en dit is makliker is om jou opgawes te bereken.

Die akkumulasie-konsep

Dit is ‘n gegewe in belastingwetgewing dat daar van ons vereis word om inkomste aan te dui, selfs al moet dit nog betaal word – omdat dit wetlik aan ons betaal moet word, nie dat dit noodwendig reeds aan ons betaal is nie. Eiendomsontwikkeling is ‘n goeie voorbeeld hiervan – wanneer ‘n ontwikkellaar ‘n plan verkoop, vorm die inkomste van die verkoop deel van sy huidige belasbare inkomste en kan dit wees dat hy eers ‘n jaar of twee later sy inkomste werklik sal ontvang.

SARS probeer om meer proaktief te wees

Om hierdie uitdagings vir belastingbetalers op ‘n praktiese manier makliker te maak, is die Wet op Inkomste Belasting aangepas met effek 1 Maart 2018 sodat belastingbetalers slegs die rente in die jaar wanneer dit ontvang word, aan SARS moet verklaar.  Dit sal dit makliker maak om jou belastingsopgawes te voltooi en sal jou help met jou kontantvloei siende dat die belasting nou eers betaalbaar is met die ontvangs van rente en nie op akkumulasie daarvan nie.

Oorgangsmaatreëls

Die oorgang bly ‘n bietjie van ‘n uitdaging. Byvoorbeeld – indien jy in 2018 rente moes verklaar en jy ontvang nou die rente in 2019 sou jy in effek dubbeld belas word.

SARS moet nog ‘n finale uitspraak lewer op hierdie kwessie en is die Finale Algemene Reë

SARS moet nog ‘n Finale Algemene Reël (FAR) bekend maak hieromtent, maar die konsep FAR het die aspek aangespreek deur te verklaar dat rente nie ingesluit hoef te wees op belasbare inkomste indien dit in die vorige jare geakkumuleer is nie.  Hopelik, sal SARS binnekort die finale formaat van die  FAR bekend maak om hierdie probleem op te los.