Wat gaan aan met ons ekonomie? Waarheen is ons oppad? Daar was ‘n skerp inkrimping in die eerste kwartaal wat weer gevolg was deur ‘n 3.1% herstel in die tweede kwartaal. Is ons opgestel vir goeie nuus of slegte nuus?
Hou die maning van die fisikus Niels Bohr in gedagte: “Prediction is very difficult, especially if it’s the future” (humoristies, maar waar!).
Kom ons kyk na ‘n paar positiewe en negatiewe aspekte van ons huidige ekonomie.
‘n Blik op die positiewe
Sommige sektore(hoofsaaklik mynbou met meer as 14% groei) het baie goed gedoen in die tweede kwartaal. ‘n Gedeelte van die groei was te danke aan minder beurtkrag maar daar was ook ‘n stabiele styging in die prys van sleutel minerale soos platinum en goud.
Die medium termyn begroting werk op die veronderstelling dat alle regerings departemente hul begrotings met 5, 6 en 7% sal sny in die komende drie jaar. Dit behoort die regering te help om weer fiskale disipline te herstel.
Kapitale investering het in die tweede kwartaal met 6.1% gegroei wat baie goeie nuus is aangesien dit ekonomiese groei in die komende maande sal bring.
Nog ‘n positief, is dat verbruikersspandering op duursame produkte goed gedoen het in die tweede kwartaal. Dit genoem is duursame produkte gewoonlik eenmalige aankope soos voertuie en moet ons die volhoubaarheid daarvan bevraagteken.
Miskien was die beste nuus Moodys se aankondiging dat hul geen onmiddelike planne het om Suid Afrikaanse skuld af te gradeer nie.
En die slegte nuus…
Geeneen kan sê dat die regering se vermoë om fiskalebeleid binne ‘n aanvaarbare raamwerk te hou, het nie die afgelope dekade geleidellik begin wegglip nie. ‘n Klein bietjie langer as ‘n dekade gelede, het die regering ‘n surplus begroting gewys. Sedertdien het die staat se uitgawes op salarisse en lone aansienlik verhoog. Dit is dus geen verrassing dat hierdie uitgawes gepaard gegaan het met lae ekonomiese groei siende dat die uitgawes op salarisse en lone van staatsamptenare, investering oorskadu en dus ekonomiese groei verhinder. As gevolg hiervan, is daar ‘n aansienlike verhoging in regeringsskuld wat nou al by ‘n 4% begrotingstekort trek – en dit word net meer. Ons skuld tot Bruto Binnelandse Produk (BBP) het meer as verdubbel tot meer as 50% en moet die staat nou 23% meer opdok vir regeringskuld. Hierdie tipe spandering bedreig die nodige investering in infrastruktuur en terselfdertyd ons vermoë om stygende maatskaplike toelae te finansier.
Indien ons die verswakking in staatsentiteite hier byvoeg kan ons meer waardering hê vir ekonome en besighede wat al meer bekommerd raak oor ons ekonomiese posisie. Eskom se skuld staan byvoorbeeld op R500biljoen en sy twee nuwe kragstasies, Medupi en Kusile, sukkel om elektrisiteit te genereer. Ons kon reeds sien wat die negatiewe impak van beurtkrag in die eerste kwartaal was en kritici meen dat daar min vordering gemaak is in die herstrukturering van Eskom. Daar is nog heelwat ander wanpresteerders wanneer dit kom by staatsentiteite en sit ons nou met die situasie waar SAA en die SAUK reddingsboeie benodig.
Kan ons ekonomie gered word?
Met die nodige wil en deurdenkte beleide kan die ekonomie weer groei. Hierdie paadjie sal egter nie maklik wees sonder om regeringskostes drasties te sny. Ekonome reken dat met die huidige koste strukture in die regering en staatsentiteite in aggeneem, die ekonomie met 6.8% sal moet groei, net om dit moontlik te maak om hierdie kostes te absorbeer. Dit is duidelik nie moontlik nie, so vermindering in uitgawes is nodig.
‘n Groot struikelblok is waarskynlik die unies wat in die Zuma-jare hul basis vergroot het.
In die afwesigheid van ‘n standvastige plan om die ekonomie weer aan die groei te kry, sal kredietgraderingsagentskappe, Suid-Afrika sekerlik in die toekoms afgradeer.
Indien jy die geleidelike onvermoë van staatsentiteite byvoeg, dan kry jy waardering vir ekonome en besighede wat geleidelik bekommerd raak oor ons ekonomiese posisie. Eskom as voorbeeld het nou meer as R500 biljoen skuld en sy twee nuwe kragstasies, Medupi en Kusile sukkel om elektrisiteit te genereer. Ons het reeds die impak gesien wat Eskom op ons ekonomie in die eerste kwartaal gehad het. Kritici wys daarop dat daar min vooruitgang gemaak is in die herstrukturering van Eskom. Ander staatsentiteite wanpresteer ook en SAA en die SAUK benodig ook reddingsboeie.
Karring ons voort?
Gedurende die laaste dekade was daar talle ernstige waarskuwings omtrent die noodsaaklikheid om die ekonomie te herstruktureer. Op een of ander manier het ons dit egter reggekry om maar net aan te karring. Heel moontlik sal ons ook vir ‘n tyd lank so voortgaan. Dit is egter krities om ons ekonomie te herstel en veral in die lig van ‘n potensiële Moodys afgradering.