Ten einde laaste is die hoofbepalings van POPIA (Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting) in die Staatskoerant gepubliseer. Die bepalings tree op 1 Julie 2020 in werking. Dit beteken dat die een jaar oorgangsperiode op 30 Junie 2021 sal verstryk.
Moet nog nie paniekerig raak nie. Ignoreer die “vals opskrifte” in die media wat daarop sinspeel dat daar onmiddellik ‘n gevaar van nie-nakoming is. Terselfdertyd moet jy dit ook nie tot op die laaste nippertjie los nie! Die voorbereidings wat nodig gaan wees om nakoming te verseker gaan ‘n tydsame proses wees, en bykans elke Suid-Afrikaanse besigheid gaan daaraan moet voldoen. Daar gaan ook streng boetes vir nie-nakoming wees.

- Administratiewe boetes van tot en met R10 miljoen kan opgelê word;
- Daar is ‘n moontlikheid van strafregtelike vervolging (gevangenisstraf van tot en met 10 jaar kan opgelê word);
- Jy kan vir miljoene gedagvaar word deur enigiemand wie se inligting in gedrang gekom het. Hierdie is ‘n geval van “streng aanspreeklikheid”, wat beteken dat “opset of nalatigheid” aan jou kant nie bewys hoef te word nie.
- Indien jou inligtings-oortreding geopenbaar word, kan die verlies aan vertroue en die nadelige publisiteit baie skade aan jou besigheid rig.
Ons sal in toekomstige uitgawes meer praktiese advies gee oor hoe POPIA jou besigheid gaan beïnvloed. Ons sal ook aandui watter stappe nodig sal wees om jouself teen die gevare van nie-nakoming te beskerm. Begin vir eers met hierdie eerste stap in jou beplanning: Vra jouself watter persoonlike inligting jy van ander het, waar jy dit hou, wie toegang daartoe het, en hoe veilig dit is.