Spesiale Vrywillige Blootleggingsprogram

“It’s Now or Never … Tomorrow will be Too Late” (Elvis Presley)

Die onlangse onthulling van die Panama Dokumente bevestig ‘n groeiende neiging – dit raak baie moeilik om geld weg te steek vir die belastinggaarder of die Reserwebank. In die huidige Sosiale Media- en Inligtingsera bly daar data uitglip wat verleentheid veroorsaak.
In lyn hiermee, het die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD) ‘n projek bekendgestel waarvolgens daar ‘n outomatiese uitruiling van inligting van belastingbetalers tussen deelnemende lande gaan wees. Hierdie inligting sal verskaf word aan die plaaslike Inkomste owerhede en gedeel word met ander Inkomste owerhede. Meer as 100 lande het reeds aangesluit en hierdie data uitruiling sal geskied vanaf einde September 2017. Omdat die meeste belasting toevlugsoorde reeds ingestem het om die inligting te verskaf, gaan dit ongeopenbaarde rekeninge baie riskant maak.

Dit maak dit nog belangriker as ooit vir almal wat hulle belasting- of valutabeheer sake in orde moet kry om die voorgestelde nuwe Spesiale Vrywillige Blootleggingsprogram te verstaan en te oorweeg.

Die Vrywillige Blootleggingsprogram (VBP) (Engels: Voluntary Disclosure Programme (VDP))

Die VBP is in 2003 bekendgestel. Daar word geraam dat tussen 3 en 7 miljard Rand reeds deur die owerhede verhaal is. ‘n Verdere VBP was bekendgestel in 2010.
Al gee die VBP vrywaring van vervolging en administratiewe boetes, asook verminderde boetes vir onderverklaring aan diegene wat openbaarmakings gedoen het, het dit beperkte sukses gehad.
Die belangrikste redes wat hiervoor aangevoer is, was dat daar geen beperking was op hoe ver SARS kon teruggaan nie en dat daar geen verligting gebied is op die heffing van rente nie.

Addisioneel daartoe, het die Reserwebank boetes gehef van meer as 20% vir deelnemers van die VBP. Hierdie Reserwebank boetes saam met die belasting op ouer jare, het die VBP vir baie belastingbetalers onaantreklik gemaak. Hulle het dus geëmigreer, of net die ongeopenbaarde rekeninge bly verswyg.
Die totale bedrag van fondse in hierdie buitelandse rekeninge is onbekend, maar wesenlik. Die onlangse lekkasie van rekening inligting by HSBC toon dat Suid-Afrikaners R28 miljard in Switserse rekeninge gehad het. Omdat dit net een bank is, verteenwoordig dit ‘n klein gedeelte van werklike buitelandse belange deur Suid-Afrikaners.

Die voorgestelde nuwe Spesiale VBP (SVBP)

Die Spesiale VBP is aangekondig deur Finansies Minister Pravin Gordhan in die Begrotingstoespraak. Dit sal loop van 1 Oktober 2016 tot 31 Maart 2017.

Hieronder is die huidige voorstelle:
Dit is nie van toepassing nie op belastingbetalers:

• Wat tans deur SARS geoudit word of geoudit gaan word wat betref buitelandse bates of belastings;
• Wat trusts is. Maar stigters, skenkers, bestorwe boedels of begunstigdes van buitelandse diskresionêre trusts mag deelneem as hulle ooreenkom om die trust se buitelandse bates en inkomste as hul eie te ag;
• Wat in die posisie is waar SARS die inligting ingevolge ‘n internasionale ooreenkoms bekom het.

Is dit die moeite werd?

Die Finansies Minister het verskeie veranderinge aan die nuwe program gemaak.
Heffings deur die Reserwebank is 5% as die fondse teruggebring word en 10% as dit in die buiteland gehou word. ‘n Addisionele 2% heffing is van toepassing as plaaslike fondse gebruik word om die heffing te betaal.
In terme van die belasting hantering, is die volgende van toepassing:

1. Beleggingsinkomste en rente betaalbaar aan SARS is eers van toepassing na 1 March 2010;
2. Net 50% van fondse wat gebruik is om buitelandse rekeninge te skep (voor 1 Maart 2015) sal ingesluit word by belasbare inkomste. Volgens SARS is dit van toepassing as die fondse nie voorheen belas was nie, maar daar is onsekerheid oor hoe dit in die praktyk gaan werk. Hopelik sal dit duidelik raak wanneer die wetgewing gefinaliseer word;
3. Daar sal geen boetes op onderverklaring wees nie;
4. Geen kriminele vervolging.

Met inagneming van die inligting wat volgende jaar na die Belasting owerhede gaan vloei, tesame met die voorgestelde verligting, lyk die VBP na ‘n goeie keuse as jy jou belasting- of valutabeheer aangeleenthede wil regstel.

Verkry professionele hulp, omdat hierdie ‘n ingewikkelde proses is en jy slegs die voordeel gaan geniet as jou voorlegging korrek en volledig is.