‘n Geskatte 80% van die inkomste van armer gemeenskappe word gebruik om skuld te betaal.
In ‘n poging om misbruike in die skuldinvorderingsbedryf aan te spreek, was wetgewing in 2015 ingestel om handel in vervalde skuld en die invordering van vervalde skuld onwettig te maak. Wat tipies gebeur het, was dat gewetenlose agentskappe vervalde skuld gekoop het vir ‘n paar sent in die Rand. Hulle sou dan rente en dienskostes daarby voeg en die skuldenaars geesdriftig vervolg.
Dit het lae inkomste gemeenskappe in amper onhanteerbare skuldstrikke geplaas.
Wat is vervalde skuld?
‘n Skuld verval wanneer vir drie jaar (dit is die vervaltydperk vir die meeste kommersiële skuld, maar daar is verskillende tydperke vir byvoorbeeld skuldinstrumente soos verbandlenings) –
• Geen betaling gemaak is nie,
• Die skuldenaar nie erken het dat ‘n bedrag verskuldig is nie en
• Die skuldeiser nie die skuldenaar gedagvaar het nie.
Waarsku jou personeel oor hierdie verandering
Die wysiging wat die handel in en invordering van vervalde skuld verbied, bevat ‘n klousule wat die invordering van vervalde skuld onwettig maak waar die verbruiker die verweer van vervalling gebruik, of redelikerwys die verweer van vervalling sou gebruik indien hy sou weet van so ‘n verweer in reaksie op ‘n eis.
Party invorderingsfirmas het begin om hierdie bepaling onder skuldenaars se aandag te bring. Wetlik verseker dit dat die skuldenaar daarvan bewus is dat hy/sy die verval van die skuld kan gebruik om die eis nietig te verklaar. Indien die skuldenaar dan nie verval as verdediging aanvoer nie en onderneem om die skuld te betaal, gaan die invorderaars voort om die skuld in te vorder.
Die Nasionale Kredietreguleerder het na berigte bepaal dat hierdie interpretasie verkeerd is, maar al is dit nog nie in ons howe getoets nie, maak seker dat jou personeel nie sonder protes daarmee te doen kry nie.