Die 2019 Begroting is belangrik vir ons ekonomie as ‘n geheel en ons moet glo dat wanneer Minister Tito Mboweni sê: “ It is time for us to sow the seed of renewal and growth” dat dit ‘n voorbode vir welvaart is.
Maar hoe affekteer die 2019 Begroting jou en jou besigheid prakties? Vir ‘n verandering is daar is relatief min belastingaanpassings wat voorgestel is. Ons lys die veranderinge hieronder en beskryf die impak daarvan. Ewe belangrik is die lys van belasting wat onveranderd gelaat is.
Ons sluit af met ‘n paar opsommende belastingtabelle wat aandui wat nuut is, en dit wat bly soos dit is.
Die volgende voorgestelde belastingveranderinge was aangekondig:
- Inkomstebelastingskale bly onverandered. Die primêre korting word effens vergroot maar die algehele effek van dit is dat individue R12.8 biljoen meer in belasting sal betaal – die sogenaamde “bracket creep” wat beteken jy betaal meer belasting namate jou salaris verhoog en jy in ‘n hoër belastinggroep geplaas word.
- “Sonde” belasting is verhoog met die prys van bier, wyn, spirits en sigarette wat vanaf 1 April (sien tabelle onder) verhoog. Indirekte belasting bring R2.3 biljoen in die fiskus in die 2019/20 belastingjaar.
- Die belasting op suiker sal vanaf 2.1 sent per gram na 2.21 sent per gram styg.
- Die nuwe koolstofbelasting sal in werking tree op 1 Junie 2019 – dit was oorspronklik geoormerk vir 1 Januarie, maar was toe eers in Februarie deur die parlement goedgekeur. Die belasting sal ‘n drie jaar intrede fase hê, en die primêre doel is om vervulling te gee aan Suid-Afrika se belofte om koolstofvrystellings teen 2030 met 50% te verminder. Dit sal substansiële administrasie vir industrieë soos ingeneurswese beteken.
- Die heffing op koolstof tree in werking op 5 Junie en sal gehef word op brandstof teen 9 sent per liter.
- Omsetbelasting vir klein besighede: Daar is ‘n effense afname in die belasting op klein besigheidskorporasie
Die volgende belasting bly onveranderd.
- Belasting op dividende teen 20%.
- Die limiet van pensioenspaarbydrae bly op 27.5% van inkomste.
- Kapitaalwinsbelasting teen 18% vir individue, 22,4% vir maatskappye en 36% vir trusts.
- Maatskappybelasting teen 28% en trusts teen 45%.
- Hereregte, heffing op bande, plastieksakke, gloeilampe en ander omgewingsheffings.
- Alle terughoubelasting.
- Die rentevrystelling op inkomstebelasting – R23,800 as jy jonger as 65 is en R34,800 as jy ouer as 65 is.
Terwyl die land begin om die Nasionale Gesondheidsversekering in te faseer, is daar is geen verandering in die mediese belastingkrediet nie.