As direkteur het jy beide die reg en verpligting om jou besigheid te bestuur volgens sy beste belange.
Wat gebeur wanneer jy die moontlikheid moet oorweeg om werknemers af te lê weens operasionele vereistes? Hoe klop dit met die uitgebreide regte van werknemers volgens arbeidswetgewing?
‘n Onlangse bevel die Arbeidsappèlhof het vraag, of wanneer jy met ‘n samesprekingsproses met jou personeel en/of unies begin, jy daarop geregtig is om eerder ‘n prima facie standpunt in te neem. Sou so iets fataal wees siende dat jy as die werkgewer onder verpligting is om deel te neem aan ‘n wedersydse onderhandeling of konsultasieproses?
Die Maatskappy Wet gee direkteure die mag om hul besighede te bestuur. Hierdie Wet verklaar: ” Die besigheid en sake van ‘n maatskappy moet bestuur word deur of onder die leiding van die direksie.” In ‘n onlangse saak het ‘n meubelmaatskappy hul in ‘n ongunstige finansiële posisie bevind, en die resolusie was om kostes te verminder deur personeel in winkels te verminder.
Siende dat die maatskappy dit oorweeg het om die hoeveelheid werknemers te verminder, het die maatskappy dit soos die Wet op Arbeidsverhoudinge dit voorskryf, kennis volgens Artikel 189(3) aan die hoofvakbonde van werknemers gegee.
Die Wet op Arbeidsverhoudinge verklaar dat daar konsultasie tussen bestuur en werknemers moet plaasvind, en dat die werkgewer en die ander party wat in die konsulta-sieproses betrokke is, sal deelneem aan ‘n sinvolle gesamentlike proses van konsensus-ondersoek, in die poging om konsensus te bereik op gepaste maatreëls, (i) om afleggings te vermy; (ii) om die hoeveelheid afleggings te verminder; (iii) om die tydsberaming van afleggings te verander; en (iv) om die nadelige effek van afleggings te versag.
Daarvolgens het die maatskappy met ‘n intensiewe proses begin om met vakbonde te ontmoet. Vier vergaderings is gehou. Informasie wat deur die unies aangevra is, is gegee en die maatskappy het al die voorstelle van die vakbonde oorweeg, insluitend een wat die hoeveelheid personeel wat moontlik afgelê sou word, verminder het.
Die vakbond se reaksie
Een van die dokumente wat aan die vakbonde gestuur is, was die resolusie om personeel te verminder. In die resolusie het daar gestaan: “… as gevolg van die voortdurende swak ekonomiese handelsomstandighede, … moet die Groep die hoeveelheid werknemers verminder weens operasionele vereistes om sodoende bedryfskostes te verminder.”
Die vakbond het hierin gelees dat die maatskappy reeds die besluit geneem het om werknemers af te lê en dat hul dus slegs die stappe van konsultasie neem.
Wat het die arbeidsappèlhof bevind?
Die arbeidsappèlhof was ten gunste van die maatskappy en daar is toe appèl aangeteken. Weereens het die arbeidsappèlhof ten gunste van die maatskappy bevind. Die appèlhof het gesê dat ‘n maatskappy die reg het om ‘n prima facie gevolgtrekking omtrent afleggings te maak, indien dit kan demonstreer dat hy objektiwiteit kan behou gedurende die konsultasieproses wat volg.
Die stappe, wat die maatskappy geneem het in terme van vergaderings, die oorweging van vakbonde se voorstelle en om die verlangde informasie aan die vakbonde te verskaf, demonstreer dat bestuur heeltemaal gestand gedoen het aan sy verpligtinge om deel te wees van ‘n gesamentlike proses van konsens-ondersoek.
Hierdie bevel gee ‘n mate van sekerheid wanneer afleggings benader word – tree op in goedertrou soos wetgewing voorskryf en stapel kanse in jou guns om bevestiging van die howe te verkry. Dit beklemtoon die feit dat daar geen konflik tussen direkteure was wat in die beste belang van hul maatskappy en arbeidswetgewing handel nie.
Soos altyd, met ons arbeidswetgewing, is daar komplekse sake en die onkostes wat aangegaan kan word, omdat dit verkeerd hanteer word, kan hoog wees! Verkry professionele hulp vir jou spesifieke situasie.