Bedrieërs is oral: kubermisdaad het sedert die begin van die grendeltydperk met 667% gestyg

Dit het aanlyn-bedrieërs nie lank geneem om te besef dat die grendeltydperk a.g.v. die Koronavirus ‘n hele nuwe geleentheid vir hulle oopgemaak het nie.

Malware, phishing en ransomware-aanvalle neem toe, en skemas wat glo die een of ander vorm van finansiële verligting bied, is veral herkenbaar. Alle vorme van aanlynkommunikasie, insluitend e-pos, SMS’e en sosiale media, moet met omsigtigheid hanteer word.

Ons deel wenke oor hoe jy jou besigheid in hierdie gevaarlike tye kan beskerm, met nuus oor meer algemene vorms van swendelary en bied ‘n skakel na die nuutste voorbeelde wat deur die SAID geïdentifiseer is.

Die afgelope drie maande het die internet swendelary (scams) toegeneem – van malware, phishing en ransomware tot die verkryging van jou aanmeldbesonderhede (log in details).

Jy moet ekstra voorsorgmaatreëls neem soos om dubbele toestemming vir betaling te verkry, bevestig nuwe begunstigdes noukeurig en laat jou IT-personeel of konsultante gereeld kyk of daar geen malware op jou IT-platforms gelaai word nie.

Daar was onlangs ‘n geval waar SMS’e vanaf die ‘Public Investment Corporation (PIC)’ gestuur is met ‘n belofte van die ‘Business Personal Relief Fund’. As jy daarop geantwoord het, sou jy ‘n goedkeuringsbrief ontvang het waarin daar geld aan jou belowe is – sodra jy ‘n “hanteringsfooi” betaal.  Desnieteenstaande, sou jy die PIC Google, is daar geen melding omtrent die finansiële hulpskema (a.g.v. COVID0-19) nie.

Die SAID het swendelary uitgewys waar belastingbetalers boodskappe van “SAID” ontvang oor hul inkomstebelastingopgawe, of oor ‘n oudit, of om ontbrekende dokumente aan te vra; jy word versoek om vertroulike inligting in jou antwoord op “SAID” bekend te maak. Kyk na enkele voorbeelde van die nuutste swendelary op die SARS-bladsy “Scams and Phishing Attacks“.

Behandel e-pos, SMS’e en sosiale media met omsigtigheid, veral as dit blyk of dit ‘n vorm van finansiële verligting bied.