2019 Begroting: Is geloofwaardigheid herstel?

Houston, we have a problem.” Dit is wat Eskom genoem word en planne om Eskom te red was die hooffokus van Minister van FinansiesTito Mboweni’s se begrotingsrede hierdie jaar.

Alhoewel ons die Eskom-krisis sien kom het, is dit nou besig om ‘n kritiese fase te nader. Ditis belangrik dat ons die nagevolge verstaan indien Moody’s, die enigste kredietgraderingsagentskap wat ons nog nie tot Rommelstatus gegradeer het nie, wel besluit om ons verder af te gradeer.

In hierdie artikel bespreek ons die algemene finansiële risiko’s, dan oorweeg ons die details van die krisis waarin Eskom hom bevind en die regering se reaksie daarop – sal dit suksesvol wees en is sy geloofwaardigheid herstel?

“It is not the critic who counts; cnot the man who points out how the strong man stumbles,
or where the doer of deeds could have done them better.
The credit belongs to the man who is actually in the arena,
whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly;
who errs … but who does actually strive to do the deeds…”
(
Theodore Roosevelt 1910)

‘n Area van hoop in ons land is die Tesourie se vermoë om fiskale dissipline te handhaaf en die regering nie met onbeheerbare skuld te oorlaai nie. Sedert 2015 het skuld vinnig gestyg terwyl belastinginkomste afgeneem het. Skuld op BBP (Bruto Binnelandse Produk) was 2,5% in 2015, maar is nou meer as 4%, terwyl belastingopname die 2018/19-teiken met R50 miljard gaan mis. Staatsskuld tot BBP was net meer as 40% in 2015, maar is nou 56% en word voorspel om bo 60% te styg.

Terwyl hierdie syfers kommerwekkend is, was dit ook ‘n ongewone begrotingsrede met die Eskom-krisis as hooffokus. Die staatsbeheerde onderneming (SBO) het slegs genoeg fondse tot April toe. Eskom het R420 miljard skuld (waarvan R292 miljard deur die regering gewaarborg word) en kan nie genoeg inkomste genereer om hierdie skuld te betaal nie. Die regering se probleem is dat indien Eskom in duie stort, dan stop die ekonomie basies – in die woorde van die president is Eskom te groot om te misluk. Tog word sy redding noukeurig deur Moody’s gemonitor – die enigste kredietgraderingsagentskap om nie Suid-Afrika se skuld as rommel te gradeer nie. Indien Moody’s ons tot rommelstatus afgradeer (en hoewel Moody’s van plan is om Suid-Afrika se skuld op 29 Maart te bepaal, word daar verwag dat hulle eers na die Mei-verkiesing hul besluit sal aankondig), dan sal buitelandse instansies gedwing word om R140 miljard van die staatskuld te verkoop. Dit sal ernstige gevolge hê, wat ons ekonomie weer in ‘n resessie sal dompel, met ‘n dalende geldeenheid, gevolg deur rentekoersverhogings.

Minister Mboweni se begrotingsrede moet in lig hiervan beoordeel word.

In wese is die 2019 begroting ‘n beheermaatskappy in terme van belastingveranderings, soos skuiwe gemaak word om die Eskom-krisis te hanteer. Die BBP tekort sal vanjaar 4,2% wees en sal volgende jaar tot 4,5% styg, voordat dit in die daaropvolgende jaargaan daal. Lenings as ‘n persentasie van die BBP sal nou die 60% merk in 2024 oorskry.

BBP sal met 1.7% hierdie jaar groei, en tot 2.1% in die volgende drie jaar styg. Inflasie sal styg van 4,7% tot 5,4% in 2022.

Die regering het R50 miljard se kostes in die Mediumtermyn (driejaarbegroting) bewerkstellig. Die vernaamste vermindering is in staatsalarisse met vroeë aftrede wat aan senior staatsamptenare aangebied word. Op grond van die veronderstelling dat 30 000 werknemers dit sal opneem, sal die besparing meer as R20 miljard wees. Die Minister het beklemtoon dat die regering se salarisrekening onvolhoubaar is teen 35% van die regering se uitgawes. Oortydtoelaes word gesny, die regering se bonusskema sal uitgefaseer word en salarisse van senior SBO-personeel en kabinetslede sal gevries word.

Ten spyte van hierdie besparings, sal die skuldplafon (‘n heilige koei vir kredietgraderingsagentskappe) met R16 miljard oorskry word, voordat dit terug binne die perke van die plafon gaan daal.

Selfs voor die Eskom-krisis oorweeg word, is hierdie syfers ontnugterend, en die feit dat die Minister die syfers duidelik in die verkiesingsjaar uitlê, beklemtoon hoe die land nie die dringende kwessies wat dit in die gesig staar, meer kan uitstel nie.

Eskom

Die president het reeds die voornemende planne aangekondig om Eskom in drie eenhede te verdeel: produksie, verspreiding en oordragDit sal groter bestuursfokus op die afsonderlike dele van Eskom toelaat. Die Minister het gesê dat R23 miljard vir elk van die volgende drie jaar ter syde gestel sal word om die SBO met sy herorganisasie in die drie eenhede by te staan, asook om hom te help om sy skuld te diens.

Eskom sal R20 miljard in koste per jaar in hierdie komende periode moet spaar. Alhoewel minister Mboweni slegs ‘n driejaar-vooruitsig gegee het, sal die herstrukturering van die SBO duidelik ‘n langtermyn poging wees en die regering sal so lank as wat nodig is, sy ondersteuning moet gee.

Vir Eskom om toegang tot die R23 miljard te verkry, sal die goedkeuring van ‘n hoofherstruktureringsbeampte (HHB) verkry moet word. Die HHB sal deur die ministers Pravin Gordhan en Tito Mboweni aangestel word. Die HHB sal funksioneer binne herstruktureringsvereistes wat deur die President in die volgende paar weke aangekondig gaan word. Die HHB sal die oë en ore van die regering wees.

Ander SBO’s sal ook ‘n HHB moet aanstel indien hul toegang tot staatsfondse wil bekom – R6 miljard is hiervoor in die Gebeurlikheidsreserwe voorsien.

Dit is asof die onlangse beurtkrag ‘n nuwe dringendheid bring om die aansienlike probleme wat Eskom en ander SBOs inhou, aan te pak. Wat verfrissend is omtrent die benadering van minister Mboweni, is dat hy en die president wegbreek van die tradisionele manier waarop die regering dink – die feit dat die Minister openlik gevra het of ons steeds staatsentiteite nodig het en ook dat hy versoek om weg te breek van ou Sowjet-paradigmas; dit wys ons betree ‘n nuwe era.

Sal dit suksesvol wees? 

Daar is enorme risiko’s wat voorlê, veral Moody’s se graderingsbesluit. Moody’s is op soek na ‘n nuwe geloofwaardige benadering om Eskom aan te pak en dit word deur die regering uitgelê. Vakbonde is reeds besig om hulself te mobiliseer om die begroting en hervorming by Eskom te beveg. Miskien is die mees bemoedigende aspek dat beide minister Tito Mboweni en president Ramaphosa lyk asof hul gereed is vir die uitdaging.

Indien Eskom in die volgende drie jaar hervorm, sal die skuldplafon nie oorskry word nie en sal die skuld tot BBP-verhouding nie meer as 60% wees nie. Trouens, die fiskale konsolidasie wat die tesourie sedert 2015 met dringendheid probeer instel het, sal geloofwaardig wees aangesien die 2019-begroting in lyn sal wees met die projeksie van verlede jaar se begroting.