Belastingseisoen begin op 1 Julie

Die Suid Afrikaanse Inkomstediens het die nuwe sperdatums vir individuele belastingbetalers afgekondig.

Die belangrike datums vir die indiening van ITR12 Belastingopgawes vir die tydperk 1 Maart 2015 tot 29 Februarie 2016 is –

  • 23 September 2016: Opgawes wat per pos of per hand ingedien word, of
  • 25 November 2016: Opgawes van nie-voorlopige belastingbetalers wat via eFiling of by ‘n SARS kantoor ingedien word, of
  • 31 Januarie 2017: Opgawes van voorlopige belastingbetalers wat via eFiling ingedien word.