In ‘n klein onderneming wil mens hê dat die besigheid se rekeningkundige sagteware die take vinnig, veilig en koste-effektief afhandel, sodat die besigheid so kompeterend as moontlik kan wees.
In hierdie artikel bespreek ons hoe die tegnologiese rewolusie jou uitgawes verminder, en ons kyk na wat cloud based accounting is en hoe dit werk. Dit mag of mag dalk nie jou spesifieke besigheid se behoeftes pas nie – raadpleeg u rekenmeester hieroor – maar dit het baie potensiële voordele wat u ernstig moet oorweeg. Lees verder vir die besonderhede … |
Een van die voordele van die tegnologiese rewolusie is dat vooruitgang vinnig afwaarts op die kostekurwe beweeg. Rekeningkundige sagteware vir klein en medium grote ondernemings is nou baie vinniger, veiliger en goedkoper. Dit gee besighede werklike syfers en maak kleiner ondernemings dus meer mededingend teenoor groter maatskappye.
Cloud based rekeningkundige sagteware word in afgeleë servers in die cloud gestoor. Data verwerking vind ook in die cloud plaas en verbruikers kan enige plek in die wêreld toegang tot die inligting verkry. Dit vervang dus die dae wat u sagteware op u rekenmeester se rekenaar moes laai en inligting deur middel van geheuestokkies moes versprei.
Die voordele van Cloud Based Accounting
Dit verhoog kontantvloei, nie net omdat dit goedkoper is en sonder opstel koste nie (die meeste mense huur cloud based sagteware teen so min as R200 per maand), maar dit laat u ook toe om aanlyn met u kliënte te integreer. Dit verminder ophoping van werk, verbeter kommunikasie en versnel prosesse wat kostes verminder. Byvoorbeeld, as u kliënt u beplande aankope van hul produk vir die volgende paar maande kan sien, kan hulle hul voorraad verminder en sommige van hierdie kostebesparings aan u besigheid oorhandig.
Dit help om u besigheid meer geïntegreer te maak, aangesien cloud based rekeningkundige sagteware met u ander besigheidsagteware soos Customer Relationship Management (CRM) kan “praat”. So word die CRM-stelsel outomaties opgedateer wanneer rekeningkundige transaksies wat kliënte affekteer, verwerk word.
Die stelsel is sigbaar vir verskeie gebruikers wat die algemene grootboek van enige plek in die wêreld kan besigtig. Dit belemmer nie interne beheermaatreëls nie, aangesien verskillende gebruikers verskillende grade van toegang tot die inligting het. Dit is ook veilig omdat cloud based sagteware in verskillende plekke in die cloud gestoor kan word.
Dit verhoog bestuursbeheer, aangesien die rekeningkundige inligting nie net toeganklik is nie, maar dit is ook maklik om u eie verslae daaruit te trek. Cloud based sagteware vergemaklik ook die oudit van data. Bestuur het baie meer akkurate inligting en hulle kan vinnig kyk hoe alle aspekte van die besigheid presteer.
Alhoewel dit ‘n (moontlike groot) belegging in tyd en moeite behels om cloud based accounting te ontwerp en op te stel, kan die voordele aansienlik wees sodra dit geïnstalleer is.
Raadpleeg gerus u rekenmeester hieroor. BGR Jacobs Griessel is ‘n Xero partner en kan aan u die nodige inligting en diens verskaf.