Dit is alombekend dat ons ekonomie ‘n groot inspuiting nodig het. Besigheidsvertroue is aan die taan en verlede jaar se optimisme is vinnig besig om te verdwyn. Die silwer randjie is dat, indien ons die tendense kan omkeer en op koers van toenemenede ekonomiese aktiwiteiteit kan betree, dan sal werksgeleenthede, asook ‘n toename in Bruto Binnelandse Produk (BBP) volg. Dis sal tot almal se voordeel wees.
Maar wat kan ons regtig doen om die ekonomie weer aan die gang te kry?
Ons bespreek drie interessante “maklike” maniere wat die situasie kan bevorder. Hopelik sal entrepreneurs wat vir die “next big thing” soek, asook die regering, kennis daarvan neem en daarvolgens aksie neem.
“I approach every problem with optimism” (Nelson Mandela)
Die luim van optimisme wat verlede jaar deur die land getrek het, is vinnig besig om te vervaag – die Besigheidvertroue Indeks is op ‘n bestendige afdraande koers. Elke 1% groei in die besigheidsvertroue indeks het ‘n 0.5% groei in die ekonomie tot gevolg – soos President Ramaphosa daarop reageer: ‘n toename in beleggings skep ekonomiese aktiwiteite en het werksgeleenthede en ‘n toename in BBP tot gevolg.
Daar is maniere om te ondersoek om die ekonomie weer aan die gang te kry:
Gee toerisme ‘n hupstoot
In die algemeen hoef vaardighede in toerisme nie op grootmaat te verbeter nie. 20% van internasionale werksgeleenthede wat in 2017 geskep is, was in die toerismesektor – jongmense en vroue trek grootliks die voordeel van hierdie werksgeleenthede en hulle is ook die twee groepe wat tans hoë vlakke van werkloosheid ervaar.
Om toerisme aan die gang te kry: verander die visumvereistes na waar toeriste ‘n visum op aankoms kan verkry – indien dit maklik vir toeriste is om hierheen te kom, sal hul definitief kom. Ons tydsones is in lyn met Europa s’n (ons hoof handelsmark), ons het ‘n beeldskone kuslyn en binneland, en ons wild is enig in sy soort.
Om ‘n infrastruktuur vir ons toerisme te bou, is relatief vinnig en maklik – kyk na die hoeveelheid B&B en Airbnb-fasiliteite in jou area. As voorbeeld, in Costa Rica, kom 27% van die BBP van toerisme af.
Maak dit maklik om besigheid te doen
Suid-Afrika is tans 82 uit 190 in die ranglys van wêreldekonomieë in terme van hoe maklik dit is om besigheid te doen – ons slegste posisie ooit. Met determinasie en leierskap, kan dit maklik omgeswaai word. Die regering het dit ten doel om Suid-Afrika binne die volgende drie jaar binne die top vyftig te hê, let dat ons vier jaar gelede in die top veertig was (ons beste rang was twee en dertigste in 2008). So, die ommeswaai kan sekerlik vinnig gebeur.
Bou huise
Maggie Thatcher het gewys wat ‘n verskil behuising, nie net aan die ekonomie nie, maar ook op langtermyn volhoubaarheid het. Behuising sit konstruksie aan die gang (‘n werksgeleentheid wat vinnig geskep word), dit stimuleer die dienste-ekonomie (effekte- en versekeringsmark) en daar is oorgenoeg waardetoevoeging in terme van toestelle, tuine ens.
Meer belangrik, om huiseienaarskap aan te moedig, bring meer mense na die middelklas en gee hul ‘n groter aandeel om stabiliteit in die land te bewerkstellig.