Teleurstellend: SA Skuif Verder Af Op Die Global Competitive Index

Elke jaar rapporteer ons oor die Wêreldwye Ekonomiese Forum (WEF) se Global Competitiveness Index.

Vanjaar het Suid-Afrika van die 48ste na die 61ste posisie op die ranglys gegly. Wat veral teleurstellend is, is die feit dat ons voorheen die 3de plek beklee het in terme van korporatiewe effektiwiteit, maar hierdie jaar na die 34ste posisie geval het. Die ouditprofessie was vir ‘n paar jaar bo-aan die ranglys, maar het hierdie jaar nie eers onder die top 30 geëindig nie.

Dit is duidelik dat hierdie situasie ‘n direkte uitvloeisel is van die verskillende skandale wat staatsbeheerde maatskappye ontlok, maar dit noodsaak wel refleksie oor hoe ons hierdie kwessies hanteer.