Gedurende 2019 het die bankwese ongeveer 13 300 gevalle van bedrog aangemeld waar digitale en mobiele platforms en banktoepassings gebruik is. Dit is 16% meer as in 2018. Alles dui daarop dat die getalle as gevolg van die grendelperiode verder gaan toeneem.
Jy moet weet wat die gevare behels indien so ‘n aanval op jou of jou organisasie gemik word, hoe om jou daarteen te beskerm, watter tekens daarop dui dat jy ‘n teiken is en wat jy moet doen om ‘n aanval te verhoed of die gevolge daarvan te temper.
Lees gerus die artikel “What to do if you are a victim of SIM-swap fraud” op My Broadband
Wees veilig en bly veilig!
Uit die HAT:
Wanderlust (Duits) sterk,onoorwinlike begeerte om rond te swerf / te reis; swerflus.