‘n Idee vir iemand met te veel persoonlike skuld

Om te veel persoonlike skuld te hê is een van die mees stresvolle en ontmoedigende ervaringe wat iemand kan hê en gegewe die moeilike tye wat ons tans beleef sukkel baie Suid Afrikaners om kop bo water te hou. Ongeveer 60% van ons ekonomie is afhanklik van plaaslike spandering en is hierdie hoë skuldvlakke nie goed vir ons land nie.

In die VSA is daar ‘n al hoe meer gewilde konsep rondom die bestuur van persoonlike skuld wat posvat genaamd die “sneeubal-metode”.

Oorweeg die “sneeubal-metode”

In die VSA het mense net soos hier by ons met verskillende tipes skuld soos huislenings, voertuig finansiering, kredietkaart en agterstallige rekeninge soos mediese rekeninge te doen. Met die “sneeubal-metode” word voorgestel om eers ‘kleiner skuld’ te betaal. Kleiner skuld kom gewoonlik voor in die vorm van kredietkaarte waar die uitleenkoers ook die grootste is. Die idee is dus om te begin deur eerstens jou duurste skuld te delg en sodoende van jou skuld ontslae raak tot jy slegs ‘n huislening of voertuig finansiering oor het.

Die beginsel om kleiner maar duur skuld eerste te betaal maak finansieël sin.

Dit word die “sneeubal-metode” genoem aangesien jy ‘n proses te weeg bring waar jy fokus om van jou duurste skuld ontslae raak. Soos jy aanhou om skuld af te betaal word die vermindering in skuld soos ‘n sneeubal wat by ‘n heuwel afrol en al hoe groter word soos dit spoed optel. Om van skuld ontslae te raak word met tyd ‘n gewoonte en die gevoel van hulpeloosheid word al hoe ligter.

Die huidige toestand in Suid Afrika

Verbruikersskuld gemeet teenoor besteebare inkomste staan tans op net minder as 73%. Dit beteken dat slegs 27% van die gemiddelde Suid Afrikaner se inkomste na belasting nie aan skuld spandeer word nie. Hierdie tendens groei met tyd en was die syfer in die vorige jaar 72%. Hierdie tipe situasie versterk die moontlikheid vir verbruikers om die proses van skuld-herstrukturering en selfs insolvensie aan die gang te sit geweldig baie. Geen wonder dat soveel mense hulpeloos voel.

Aangesien 60% van ons land se ekonomie op die plaaslike verbruiker staatmaak maak dit ook gedeeltelik sin hoekom ons ekonomie so stadig groei.

Indien jy ‘n werkgewer is wil ons jou aanraai om personeellede wie gebuk gaan onder skuld te motiveer om na die “sneeubal-metode” te kyk. Om ontslae te raak van die donker wolk wat oor soveel Suid Afrikaners hang sal gerusstelling te weeg bring vir die hulpeloses en bono pons ekonomie ‘n help.