Die lewe, soos ons almal weet, is vol risiko’s. Dinge gaan altyd verkeerd, in besigheid en in ons persoonlike lewens. Soos Machiavelli 500 jaar gelede uitgewys het:
“All courses of action are risky, so prudence is not in avoiding danger (it’s impossible), but in calculating risk and acting decisively”.
Ons deel ‘n paar gedagtes oor hoe om die onvermydelike risiko’s wat klein besighede op ‘n daaglikse basis in die gesig staar, te bestuur. Ons beveel aan dat u twee uitstekende TED Talks videos met nuttige insigte en praktiese raad kyk – skakels na videos verskyn onderaan hierdie artikel.
Ons is almal bewus daarvan dat besigheid, soos met die lewe, vol risiko’s is en dinge gaan van tyd tot tyd verkeerd. Sommige van ons skram weg van die nodige beplanning vir hierdie risiko’s, afgesit deur die komplekse metodologieë soos die Risiko Matrix, en sê “dit is nie vir my nie”.
Dit kan egter redelik eenvoudig wees
Hoekom nie net skryf wat verkeerd kan gaan nie – u kan dit alleen of saam met u span doen. Aangesien u ervare is in u besigheid, het u baie kennis van die gevare daar buite.
Sodra u ‘n lys opgestel het van moontlike risiko’s, vra uself af, wat is die waarskynlikheid dat die gebeurtenis sal plaasvind? Indien dit baie laag is en die gevolge van die gebeurtenis ‘n klein effek op u besigheid sal hê, beweeg aan na die volgende risiko.
Sommige risiko’s sal ‘n wesenlike impak op u besigheid hê, en dit kan ‘n uitdaging wees om ‘n strategie op te stel om hierdie risiko teen te werk. Praat met kundiges in die veld en benader dan die risiko vanuit verskillende hoeke tot ‘n oplossing gevind word.
Op die ou ent sal u ‘n reeks strategieë hê wat moontlik u besigheid eendag kan red. Die meeste van die risiko’s en oplossings wat u identifiseer, sal dinge wees wat u waarskynlik al reeds oor gedink het. Daar sal egter altyd een of twee wees waaraan u nie gedink het nie en dit is waar die krag en voordeel van hierdie oefening lê.
Dit is nie negatiewe denke nie
Vir diegene wat nie daarvan hou om te bly fokus op dit wat hulle as negatief beskou nie, is hierdie oefening eintlik ‘n positiewe ervaring. Om te bepaal wat verkeerd kan gaan en ‘n strategie te hê om die risiko teen te gaan, sal u toelaat om gemoedsrus te hê met die wete dat u gereed sal wees om te reageer op die nadelige gebeurtenisse wanneer dit voorkom.
Om u vrese te konfronteer, is nooit maklik nie, maar deur al die moontlike scenarios te oorweeg en ‘n oplossing te vind, is u in werklikheid besig om die vrese te oorwin. Soos hulle sê, don’t meet your fears head on but tilt at them until you feel comfortable.
Die onvoorspelbare gebeur al hoe meer – wie sou byvoorbeeld voorspel het dat Donald Trump president sou word? Maak dus gebruik van laterale denke wanneer u hierdie proses aanpak.
U moet ook in ag neem hoe ander mense sal reageer – baie min ekonome het byvoorbeeld die paniek wat ontstaan het as gevolg van die finansiële ineenstorting in 2008, in berekening gebring. Gevolglik het baie mense die strategie gehad om hulle aandele te verkoop indien finansiële krake begin verskyn, maar in die stortvloed van verkoopbevele, kon hulle nie hul aandele verkoop nie en het hulle aansienlike verliese gelei.
Onthou net dat alle hoë risiko-nemers oorleef omdat hulle al die risiko’s oorweeg en planne maak om dit teen te werk.