Wanneer Hou Ons Op Om Vir Die SAID Te Werk Hierdie Jaar?

Dit is ‘n globale verskynsel om belastingvryheidsdag te meet, dit verwys na die dag tot wanneer jy werk om jou belasting te betaal – slegs ná belastingvryheidsdag begin jy vir jouself te werk. In 2018 neem dit Suid-Afrikaners 133 dae, of 39% van ons werksure, om ons belasting te betaal.

Oor die algemeen het die tendens gestyg – toe die meting in 1994 begin het, het dit 101 dae geneem om ons belasting te betaal. Dit het sedertdien met meer as een maand gestyg, wat ‘n baie ontstellende tendens is. Dit sal egter voortduur, aangesien die regering ‘n paar jaar sal neem om sy fiskale huis in orde te kry.

Wanneer ons egter Suid-Afrika met ander lande vergelyk, doen ons nie te sleg nie. Soos in die tabel hieronder aangedui, word ons 11de uit 29 lande geplaas.

Teen die tyd dat jy hierdie artikel lees, sal jy jou belasting alreeds betaal het en is die geld wat jy vir die res van die jaar verdien, joune!