‘n Internasionale organisasie wat fokus op interne (i.e. bestuur, eienaars en personeel) bedrog, het onlangs ‘n aantal soberende bevindings bekend gemaak. Begrip hiervan is jou eerste stap in die beskerming van jou besigheid teen groot verliese.
In Sub-Sahara Afrika
- Meer as 60% van bedrog is gepleeg deur mense met ‘n graad (in die lig van die groot aantal vals grade, oorweeg ernstig om grade te verifieer voordat aanstellings gemaak word).
- 82% van oortreders was manlik, met ‘n gemiddelde ouderdom van 38.
- 18% was van die rekeningkundige afdeling, 17% van bedryf en 11% van aankope.
In wêreldwye terme
- 5% van inkomste gaan verlore weens bedrog. Dit gebeur by groot en klein besighede, maar behoort ‘n groter effek te hê op kleiner besighede.
- Die beste manier om bedrog op te spoor is deur rapportering (omtrent 30% van gevalle), gevolg deur bestuursoorsig (15%), interne oudit (12%) en rekonsiliasie van rekeninge (net onder 10%). As jy nie ‘n rapporterings- of fluitjieblaser beleid het nie, is dit nou die regte tyd om een te kry. Die meeste van die ander wyses van opsporing spruit uit aktiewe bestuurskontroles.
- Die meeste bedrog is deur diefstal van bates en die grootste (waardegewys) deur finansiële wanvoorstelling.
- 90% van gevalle waar inligting in ‘n aansoek nagegaan is, het nie enige bedrog uitgewys nie en 82% van bedrieërs is nie deur hulle werkgewers gestraf nie. Dit is iets om te oorweeg en met vorige werkgewers te kontroleer wanneer werwing gedoen word.
- Verliese weens bedrog was baie vinniger identifiseer en was 34% minder by besighede met goeie beheermaatreëls.
- Diegene wat bedrog pleeg, toon tipies sommige van die volgende eienskappe:
- “Koop en verkoop” persoonlikheid
- Finansiële probleme
- Leef bo sy vermoë
- Beheer kwessies
- Sterk verhouding met ‘n handelaar
- Familie probleme soos egskeiding.
Moenie ‘n “bedrog statistiek” word nie – analiseer die risiko faktore hierbo en neem dadelik voorkomende aksie!